Ons Dienste:

SJ Skaak – Akademie is gestig in 2007. Die doel van die Skaak – Akademie is om kinders die sport skaak te leer en om die kinders te ontwikkel as skaak spelers. Daar is plek vir sosiale skaak tot kompeterende skaak. Enige kinders is welkom van beginner vlak tot SA Kampioene. Die skaak-akademie en afrigting is gebasseer in die Wes Rand ( Krugersdorp en Roodepoort) omgewing. Daar is ses skaak akademies wat op sekere. tye plaasvind waar die kinders kan inskakel. Die. lede van SJ Skaak Akademie is van 5-jarige tot 18-jarige studente. Daar is ook ‘n eie toernooi reeks waarin die kinders kan gaan speel as hulle belangstel in die kompeterende vlak van die sport.

 

Voordele van Skaak

Skaak is geakkrediteer as ‘n sport by die SASCOC en FIDE. Die sport skaak is ‘n denk sport. Skaak help met ‘n kind se akademiese vermoĆ« soos wiskunde en wetenskap. Dit help met ontwikkeling van logiese denke, besluitneming, probleemoplossings en visualisering. Daar is klomp artikels war die voordele van skaak bespreek.